SAMUEL GERWEL (48), OUDBENDELID EN BEMIDDELAAR VIR VREDE 

My tronknaam is Little Devil, maar daar is mense wat my Gaatjie noem. Ek het my tronknaam daar binne hier oor my keel laat tjap

Ek was 12 jaar binne. Dit kom van 1995 af. 

Ek was as kind twee jaar in die verbeteringskool in Tokai. Van 1985 af. 

Dit kom van diefstal. Ek het mense begin roof toe ek so 13, 14 was. 

Gaatjie is die naam wat hulle my hier gegee het by die First Community Centre in Hanover Park – dit gaan oor die gat in my kop in.

Tydens bendegeweld, soos nou onlangs, is ek deur ’n lid van ’n ander bende bo in my kop geskiet.

Dit was die sesde dag van die sesde maand in 2014 toe dit gebeur het. 

Ek was in my servant quarters agter my pa se huis gewees in Westridge. Die aand voor die tyd het ons geskiet onder mekaar. 

Daardie aand het ons rondgesit, toe kom daar vrouens in. Ek sê toe vir hulle om op te hou vullis praat: “Daar is glo ’n bra wat sê jy moet uitkom.”

Ek het vooraf geweet daar is mense wat ons wil skiet. Ek is met ’n gift van die Here van aantrekkingskrag gebore. 

My tronknaam is Little Devil, maar daar is mense wat my Gaatjie noem. Ek het my tronknaam daar binne hier oor my keel laat tjap.

Ek was moeg; ek was stresvol. Ek wou alive bly. Alles was op my skouers.

Dit het net begin skemer raak, so sewe­uur se kant. Dit was winter mos, en bitterlik koud. 

Ek het by die courts gaan staan, want ’n vriend van my het verjaar en wou ’n pyp saam ons maak. My vrou was ook daar. 

Net toe ek vir my ’n koppie tee gaan maak, voel ek die warmte in my regterarm. 

In die koeëlreën van die ander bende is ses skote op my afgevuur. Van hulle was mis en het die mure getref. 

Een het my in die arm getref en die ander een in die kop.

Die koeël van die regterslaap het deur die neusholte gegaan, my neus binnegebreek, by my pallet uitgekom en my tong geskeur. 

Ek het niks gevoel nie, net ’n brandpyn in my arm. Tien tot 20 minute was ek uit. 

Toe ek bykom, het ek my eie bloed van die grond af gesuip omdat ek geglo het dit sal my krag gee en laat oorleef. 

Ek het ge-realize ek is geskiet, maar ek kon my vingers en bene beweeg. En my lyf ook.

Die koeël van die regterslaap het deur die neusholte gegaan, my neus binnegebreek, by my pallet uitgekom en my tong geskeur.

Toe ek daar opstaan, het ek geweet dit gaan lank vat om reg te kom. Ek is mos ’n groot man.

Ek is gebore in die Port Elizabeth in. In 1974 kom ons Kaap toe. My pa het transport gery. Langpad met trokke.

Toe kry hy ’n job hier en maak vir ons ’n huis vir ons almal saam. Ons is agt kinders. Half en half: vier seuns en vier meisies. 

Ek het nie meer kontak met my familie nie. Ek kom nie uit ’n slegte familie uit nie. 

My ma het gewerk by Red Cross en my pa vir bekende boukontrakteurs vir brûe en paaie, waarvoor hy material in trokke aangery het oor die land. 

My ma en pa was sagte mense gewees. My ma is vroeg dood in 1984 aan borskanker. 

My pa is op 67 jaar aan prostaatkanker dood. Dis hoekom ek my nou-nou gaan toets by die daghospitaal.

My huislewe as kind was baie lekker gewees.

My oupa Izak en my ouma Ida Gerwel – hulle is albei dood in hulle 60’s – het ’n plaas naby Somerset East gehad waar ons gebly het vir ’n ruk tot ons na Westridge, Mitchells Plain, op die Kaapse Vlakte getrek het. 

Die plaas was ’n lekker rustige plek gewees, maar toe ons hier kom, het dinge gewoel.

Toe my ma dood is, het ek gekliek met vrinne. En dan maak ons ’n bende, man. 

Sy tronknaam is Little Devil, maar daar is mense wat hom Gaatjie noem. Foto: Lee-Ann Olwage
Sy tronknaam is Little Devil, maar daar is mense wat hom Gaatjie noem. Foto: Lee-Ann Olwage

Ons het geroof, ge-gangfight. Alle snaakse goete wat ek nie eintlik in goeie gesel­skap oor wil praat nie. 

Daar is baie mense wat doodgegaan het weens die bendeskap. Ek weet nie eens hoeveel nie. 

’n Klomp dood was om my in daardie tyd. Baie van my vriende met ’n mes­stekery.

My pa het maar min geweet van wat ek aanvang, maar toe ek sake optel, het hy die welsyn in die hande gekry om my na die verbeteringskool toe te stuur. 

Dis daar waar ek begin anger opbou het en vriende ontmoet het. Ek moes myself heeltyd bewys as ’n man.

Ek wou nie hê dat mense bang wees vir my nie; ek wou net respekte hê.

Ek het uit die verbeteringskool gekom in 1988. Toe gaan ek met my bendeskap nog altyd aan. 

Ek het ook begin werk by ’n furniture company. Maar tussendeur is dit deurmekaar met gevegte, huisbraak, mense roof van handsakke. 

Ek was nie bang om geskiet te word nie. Ek het ’n huis gehad by my pa om in weg te kom. 

Voor Tokai is ek in my nek en later in my rugwerwel gesteek. Sommer net.

Ek wou nie hê dat mense bang wees vir my nie; ek wou net respekte hê.

Gevaarlike wapens, diefstal, fraud deur tjeks te fake. Ek is Pollsmoor-tronk toe gestuur. 

Dit was nie rof nie. Ek het my nommer gehad. Maar ek wil nie praat oor die nommer nie. 

Ek het survive deur landbou te doen buite die mure van die tronk. Die lande geploeg; die varke geteel. Binne of buite – dis harde werk gewees. 

Ek het vriende gehad buite wat my vertel wat aangaan, en ek het ook op TV gesien. 

Ek is Victor Verster toe van 1992 tot 1997, daar waar Madiba uitgestap het ná 27 jaar.

Vir my het die veranderings in die land nie juis gebaat nie. Ek was op my eie base. 

Toe ek uitkom, was ek 26 en ek het vir die manskappe gesê ek wil ’n bietjie terugstaan, want ek word te oud. Ek moet ook tot trou kom.

Ek het my vrou ontmoet by die danse by Westridge. Ek is nie meer getroud met haar nie. 

Dit het 18 maande gehou en toe wou dinge nie meer uitwerk nie. 

Ek het twee kinders; hulle twee se ­lewens is uitge-sort. Hulle loop nie in my voetspore nie.

Ek het survive deur landbou te doen buite die mure van die tronk. Die lande geploeg; die varke geteel. Binne of buite – dis harde werk gewees.

In 2013 het die rival gangs hier lelik onder mekaar begin baklei. Dit het seker so 18 maande aangehou. 

Ek weet van so ses, sewe, agt wat dood is in daardie wilde tyd. Daar was gewere involved.

En ’n paar maande later in 2014 word ek mos in die kop geskiet. Ek was ’n week lank in die hospitaal. 

Toe hulle my geskiet het, het die ander gang gesê ek moet dood wees. Ek is klaar.

Toe ek uitkom, was daar baie mense wat heel verras was om te sien ek leef. Op die 26ste van die sesde maand moes ek hospitaal toe vir ’n check-up

Toe is dit soos ’n tornado wat my tref. Die hele wêreld het om my begin draai.

Ek het nie geweet wat gaan aan nie. Dit het gevoel ek gaan dood, dat die bloed uit my neus begin loop.

Ek het ’n naam twee maande tevore by my sussie gehoor van ’n councillor met wie ek moet praat. 

Ek het die naam gehou in my kop; ek het ’n lang gedagte. 

Ek is toe na die council se kantore en het met die raadslid gepraat: “Ek is moeg. Ek wil regkom. Ek is moeg, moeg, moeg. Ek soek net ’n plek waar ek kan rus. My brein is moeg en my body is moeg.” 

Ek was 35 years in bendes en is nou vyf jaar skoon. Happiness. Ek kan my huis nou regmaak en my familie opbou.

Al die bakleiery tam jou uit. Ek het in kontak gekom met die organisasie Ceasefire, wat gemoedere tussen bendes wil kalm maak deur eerder te onderhandel. 

“Wie is julle?” vra ek toe. My bloed was nog warm van die bakleiery. 

Hulle vertel my hulle kan my help. Die pastoor stuur mense na my toe om my te oorreed om vir ses maande na ’n rehabilitasie­sentrum in Strandfontein te gaan. 

Vir ’n week lank het ek gehelp om die containers in te rig vir ons kantore hier in Hanover Park. 

Daarna is ek uit in die veld as ’n interrupter wat moes help om die geweld te laat afneem en mense na die outreachworker moet verwys. 

Ons het dit reggekry om te help vir ’n sewe dae lange ceasefire waartydens die bendes kon praat met mekaar. 

Daar is ouens wat bly is om te sien ek het my lewe ge-change om agter my familie te kyk. 

Ek was 35 years in bendes en is nou vyf jaar skoon. Happiness. Ek kan my huis nou regmaak en my familie opbou.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebook en WhatsApp, en teken in op ons nuusbriewe.