Sy toon sigbare liefde vir haar kinders en kleinkinders.

En haar man. Hulle is twee figure wat saam hoort en mekaar aanvul.

Met ’n kuier het sy haar aan my voorgestel en my van myself vertel – sonder dat sy weet. Dié gasvryheid is steeds deel van haar.

Sy wou net tee maak. Alzheimersiekte, die monster wat liefde, vrede en geluk steel, laat ’n spoor van verwoesting. ’n Leë dop.

Met nuwe respek kyk ek na hulle wat daardeur geteister word. ’n Hartseer, alleen pad. Broos en verniel.

Nes ’n verlate Karoo-plaashuisie met geroeste daksinkplate. Dit was winter. Die lente het aangebreek.

Die reuk van vars blomme hang in die lug. Ná ’n leeftyd van 60 jaar saam het haar seisoen gestop.

Hoe aanvaar ’n mens dat iemand binne sy eie lyf doodgaan?

Hoe groet ’n mens wanneer die monster wen? Die passasiersitplek was leeg. Die einde was skielik net te gou. Nes ’n battery wat pap geword het. Te finaal en te onwerklik.

– LYNETTE STRYDOM

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.