Met soet woorde van bemoediging word ek gerusgestel dat ons deur die uitdagings van die volgende 21 dae sal kom.

As egpaar is ons al in ons goue jare wat die huwelik en ouderdom betref.

Ons het deur die jare ’n roetine gevestig wat ons daagliks in verskillende rigtings neem.

In die tyd van die coronavirus sal ons roetine beperk wees tot dít wat ons in en om die huis doen, sonder om mekaar weens die omstandighede te na te kom.

Ek en my man sal hierdie dae ook deurstaan; danksy ons liefde sal ons dit ook oorwin.

– Beverley le Grange, Kraaifontein