Baie mense is gewelddadig teenoor hul geliefdes weens hul eie traumatiese verlede en weens hul eie emosionele wonde wat hulle met ’n swak selfbeeld laat.

Omdat hulle vertroue verloor het in mense weens hul eie pynlike verlede, gebruik hulle dikwels geweld as hul verdedigingsmeganisme.

Moenie aan pynlike ervarings vashou nie. Dit kan ons lewe verwoes en verhoed dat nuwe, positiewe gedagtes vorm aanneem.

Dis belangrik dat die geliefdes van sulke geweldenaars besef dat onderliggende trauma dalk die rede is en hulp kry.

Laat ons kyk na die groter prentjie as deel van die genesingsproses. Isolering kan die emosionele pyn vererger. Kuier eerder saam met mense wat jou nie sal veroordeel nie.

Mense met ’n positiewe ingesteldheid kan jou help om van emosionele pyn te herstel en jou eie gewelddadige reaksies te voorkom.

Die eerste stap na herstel is om te erken dat jy ’n probleem het.

Onthou, jy kan nie verander wat met jou gebeur het nie. Maar jy kan jou emosionele pyn takel. Professionele hulp sal vir jou werk as jy erkenning gee aan jou probleme en wil genees.

M. J. KUBU

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die ­redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  • Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1.