Een van die voordele om die wêreld te deurkruis is om ander kulture te verken en te sien hoe ander mense leef. En soms is dit wonderlik om jou kultuur met ander te deel. 

Dit is wat Thembinkosi Tera Mkonko, 'n Engels-onderwyser, in Suid-Korea gedoen het toe hy vir sy studente geleer het om hierdie eg Suid-Afrikaanse dans uit te voer. 


'Gumboot'-danse het volgens die geskiedenisboeke vroeër in die Suid-Afrikaanse myne ontstaan toe Suid-Afrikaanse mynwerkers hul stewels ingespan het om met mekaar te kommunikeer wanneer hulle gedwing is om ure aaneen in stilte te werk.

Hierdie ritmiese dans het vinnig deur die gemeenskappe naby die myne versprei en 'n kunsvorm geword wat vandag nog beoefen word.

Kyk na dié wonderlike optredes deur Thembinkosi en die kinders in Suid-Korea waar hy 'n tikkie Suid-Afrikaanse kultuur versprei. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.