*Frik het jare lank talle onbeantwoorde vrae oor sy vrou se ontrouheid, meer as 40 jaar gelede, gehad. 

Dié episode van L is vir Liefde, Huisgenoot se podcast oor die liefde, vertel die verhaal van hoe ontrouheid ’n langdurige impak op ’n verhouding kan hê en hoe vergifnis moontlik is, maar om te vergeet . . . dis ’n ander storie. 

Gaan luister ook gerus na ons vorige episodes.

Elkeen vertel ’n aangrypende liefdesverhaal.

L is vir Liefde is beskikbaar op alle platforms waar jy na podcasts kan luister.

Laat weet ons wat jy van die podcast dink deur op ‘review’ op jou podcast-app te klik, en deel die episode in die sosiale media.

As jy van ’n liefdesverhaal weet wat vertel moet word, stuur ’n e-pos aan carla.coetzee@huisgenoot.com

Lees verder om te leer wat ’n podcast is en hoe jy kan saamluister. 

Wat is ’n podcast? 

Dit is ’n klankopname waarna jy kan luister asof dit ’n radioprogram is. Party podcasts vertel ’n storie; ander is in die vorm van onderhoude. ’n Podcast is byna soos radio, maar jy kan kieskeurig wees oor waarna jy wil luister en wanneer jy daarna wil luister. Die episodes kan gestroom word, of jy kan die episodes aflaai wanneer jy toegang tot die internet het en dan later daarna luister. 

Podcasts is die digitale medium in die land wat die vinnigste groei toon en miljoene mense wêreldwyd luister daarna.

Jy sal een oor byna enige onderwerp onder die son aantref. Tik net ’n soekwoord of ’n naam van ’n podcast in die soekfunksie van ’n platform soos SpotifyiTunes of Podbean in en jy kan kies en keur waarna jy wil luister. Daar is nog nie baie Afrikaanse inhoud nie, so begin met L is vir LiefdeHuisgenoot agter die storie of WEG stories.

Hoe luister ek?

Jy sal ’n app op jou foon moet aflaai – toemaar, die app is gratis. Jy benodig net ’n goeie internetverbinding. Ons stel voor jy doen dit wanneer jy aan Wi-Fi verbind is sodat dit jou nie data uit die sak jaag nie. Laai iTunes, Spotify of Podbean op jou foon af. Baie fone kom reeds met een van dié apps uit.

Registreer met jou e-posadres. Nou kan jy in die soekfunksie ’n podcast of woord intik om na ’n podcast te luister. Die podcast sal op jou skerm verskyn. Klik daarop en dan op "follow". As jy nog aan Wi-Fi verbind is, luister na episode een. Anders kan jy die episode aflaai om later daarna te luister deur op die drie kolletjies te klik en DOWNLOAD te druk.

Lekker luister!