Hulle het ’n neus vir avontuur. 

Van die begin af droom hulle en reis hulle die wêreld plat. 

Saam is hulle deur noue ontkomings met die dood, en saam het hulle nou die restourasie van ’n regte kasteel op die Franse platteland aangepak.

Hul aanpasbaarheid en die feit dat hulle kanse waag is wat hulle maak werk, vertel dié egpaar.

L is vir Liefde, Huisgenoot se podcast oor die liefde, is beskikbaar op alle platforms waar jy na podcasts kan luister. Laat weet ons wat jy van die podcast dink deur op “review” op jou podcast-app te klik en deel die episode op sosiale media.

Luister die nuutste episode hier.

Lees verder om te leer wat ’n podcast is en hoe jy saam kan luister. 

WAT IS ’N ‘PODCAST’? 

Dit is ’n klankopname waarna jy kan luister asof dit ’n radioprogram is. Sommige podcasts vertel ’n storie, ander is in die vorm van onderhoude. ’n Podcast is byna soos radio, maar jy kan kieskeurig wees oor waarna jy wil luister en wanneer jy dit wil luister. Die episodes kan gestroom word of jy kan die episodes aflaai wanneer jy toegang tot internet het en later daarna luister. Dit is die vinnigste groeiende digitale medium in die land, en miljoene mense wêreldwyd luister na podcasts. Jy sal ’n podcast oor byna enige onderwerp onder die son vind. Tik net ’n soekwoord of ’n naam van ’n podcast in die soekfunksie van ’n platform soos Spotify, iTunes of Podbean in, en jy kan kies en keur waarna jy wil luister.

HOE LUISTER EK?

Jy gaan ’n app moet aflaai op jou foon – toemaar, die app is gratis. Jy benodig net ’n goeie internetverbinding; ons stel voor jy doen dit wanneer jy Wi-Fi het sodat dit jou nie data uit die sak jaag nie. Download iTunes, Spotify of Podbean op jou foon. Baie fone kom reeds met een van dié apps uit. Registreer met jou e-posadres. Nou kan jy in die soekfunksie ’n podcast of woord intik om na te luister. Die podcast sal dan op jou skerm verskyn. Klik op hom en dan op “follow”. As jy nog op Wi-Fi is, luister episode een. Anders kan jy die episode aflaai om later daarna te luister deur op die drie kolletjies te klik en DOWNLOAD te druk.

Lekker luister!