Sedert hulle 16 jaar oud was, het hulle mekaar se hoogte- en laagtepunte beleef. 

Nie nét het hulle vir die eerste keer hand vas gehou in die Engelse klas nie, maar hulle het ook sedert gr. 11, toé st. 9, uitgegaan. 

Julian en Sumari.
Julian en Sumari Redelinghuys. Foto: Verskaf
Julian en Sumari saam met hul kinders, Chrismari (
Julian en Sumari saam met hul kinders, Chrismari (5) Leoné (2). Foto: Verskaf

In die episode van L is vir Liefde, Huisgenoot se podcast, vertel ons die storie van ’n voormalige Springbok-rugbyspeler en sy vrou wie mekaar se eerste liefdes was en talle uitdagings moes oorkom. 

Gaan luister ook gerus na ons vorige episodes.

Elkeen vertel ’n aangrypende liefdesverhaal.

Julian wens Steven Kitshoff geluk met sy debuut in
Julian wens Steven Kitshoff geluk met sy debuut in 2016. Foto: Foto: Gallo Images/Getty Images
’n Donker dag; Julian breek sy nek tydens ’n wedst
’n Donker dag; Julian breek sy nek tydens ’n wedstryd tussen die Goue Leeus (sy tuisspan) en die Cheetahs op 15 Oktober, 2016. Foto: Gallo Images/Getty Images
Julian sterk tuis aan by hul huis saam met Sumari,
Julian sterk tuis aan by hul huis saam met Sumari, sowat ’n week ná die wedstryd. Foto: Gallo Images/Getty Images

L is vir Liefde is beskikbaar op alle platforms waar jy na podcasts kan luister.

Laat weet ons wat jy van die podcast dink deur op ‘review’ op jou podcast-app te klik en deel die episode in die sosiale media.

Julian voor sy Bok-debuut in Junie 2016.
Julian voor sy Bok-debuut in Junie 2016. Foto: Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy van ’n liefdesverhaal weet wat vertel moet word, stuur ’n e-pos aan carla.coetzee@huisgenoot.com

Lees verder om te leer wat ’n podcast is en hoe jy saam kan luister. 

Julian Redelinghuys is deesdae ’n hulpafrigter by
Julian Redelinghuys is deesdae ’n hulpafrigter by die Leeus. Foto: Gallo Images/Getty Images


Wat is ’n podcast? 

Dit is ’n klankopname waarna jy kan luister asof dit ’n radioprogram is. Party podcasts vertel ’n storie; ander is in die vorm van onderhoude. ’n Podcast is byna soos radio, maar jy kan kieskeurig wees oor waarna jy wil luister en wanneer jy daarna wil luister. Die episodes kan gestroom word, of jy kan die episodes aflaai wanneer jy toegang tot die internet het en dan later daarna luister. 

Podcasts is die digitale medium in die land wat die vinnigste groei toon en miljoene mense wêreldwyd luister daarna.

Jy sal een oor byna enige onderwerp onder die son aantref. Tik net ’n soekwoord of ’n naam van ’n podcast in die soekfunksie van ’n platform soos SpotifyiTunes of Podbean in en jy kan kies en keur waarna jy wil luister. Daar is nog nie baie Afrikaanse inhoud nie, so begin met L is vir LiefdeHuisgenoot agter die storie of WEG stories.

Hoe luister ek?

Jy sal ’n app op jou foon moet aflaai – toemaar, die app is gratis. Jy benodig net ’n goeie internetverbinding. Ons stel voor jy doen dit wanneer jy aan Wi-Fi verbind is sodat dit jou nie data uit die sak jaag nie. Laai iTunes, Spotify of Podbean op jou foon af. Baie fone kom reeds met een van dié apps uit.

Registreer met jou e-posadres. Nou kan jy in die soekfunksie ’n podcast of woord intik om na ’n podcast te luister. Die podcast sal op jou skerm verskyn. Klik daarop en dan op "follow". As jy nog aan Wi-Fi verbind is, luister na episode een. Anders kan jy die episode aflaai om later daarna te luister deur op die drie kolletjies te klik en DOWNLOAD te druk.

Lekker luister!