L is vir Liefde is verhale van konvensionele en onkonvensionele liefde. Om die digter I.D. du Plessis aan te haal: “Die liefde neem ’n duisend vorme aan.” 

Die podcast gaan jou laat giggel, bloos en soms ’n traan laat pik. Die eerste Vrydag van elke maand stel ons nog ’n episode bekend, so maak seker jy volg ons op die app wat jy vir podcasts gebruik en deel jou gunsteling-episode met vriende.

Met Colleen (54) aan sy sy is Theo (47) vasbeslote
Met Colleen (54) aan sy sy is Theo (47) vasbeslote om met hierdie nuwe hoofstuk in sy lewensverhaal ‘n positiewe verskil te maak nadat hy destyds met sy afgryslike daad ‘n lewe geneem het. Foto: OJ Koloti

In hierdie episode gesels ons met Colleen (54) en Theo Fourie (47). Theo was 18 jaar lank agter tralies vir moord. Hy het destyds 'n sakekennis vermoor en daarna sy lyk aan die brand gesteek.

Maar dit pla sy bruid nie. “Theo is vir my die voorbeeld van genade en hoop en liefde.”  

Luister hier hoe hul reis ontvou het: