Ongelukkig het alle liefdesverhale nie ’n gelukkige einde nie. 

Soos dié een van Jurie Steenberg, ’n lang, skraal man wie se hart al twee keer deur tragedies verpletter is. 

L is vir Liefde is ’n podcast waar ons konvensionele en onkonvensionele ware liefdesverhale vertel wat jou hartsnare sal roer. 

Luister gerus na ons vorige episodes. Elk vertel ’n aangrypende liefdesverhaal en jy gaan soms na jou asem snak of soms ’n snesie nader trek. 

L is vir Liefde is op alle platforms waar jy na podcasts kan luister beskikbaar. 

Wat is ’n podcast? 

Dit is ’n klank opname waarna jy kan luister asof dit ’n radioprogram is. Sommige podcasts vertel ’n storie, ander is in die vorm van onderhoude.

’n Podcast is byna soos radio maar jy kan kieskeurig wees oor waarna jy wil luister en wanneer jy dit wil luister. 

Die episodes kan gestroom word of jy kan die episodes aflaai wanneer jy toegang tot internet het en later daarna luister. 

Foto:Huisgenoot
Alle sprokies het nie 'n gelukkige einde nie

Dit is die vinnigste groeiende digitale medium in die land en miljoene mense wêreldwyd luister na podcasts. Jy sal ’n podcast oor byna enige onderwerp onder die son vind.

Tik net ’n soekwoord of ’n naam van ’n podcast in die soekfunksie van ’n platform soos Spotify, iTunes of Podbean in en jy kan kies en keur waarna jy wil luister. 

Daar is nog nie baie Afrikaanse inhoud nie, so begin met “L is vir Liefde”, “Huisgenoot agter die storie” of “WEG stories”. 

Hoe luister ek?

Jy gaan ’n app moet aflaai op jou foon – toemaar die app is gratis. 

Jy benodig net ’n goeie internet verbinding, ons stel voor jy doen dit wanneer jy Wi-Fi het sodat dit jou nie data uit die sak jaag nie. Laai iTunes of Spotify of Podbean op jou foon af.

Baie fone kom reeds met een van die toepassings uit.

Registreer met jou e-posadres. Nou kan jy in die soekfunksie ’n podcast of woord in tik om na te luister. 

Die podcast sal dan verskyn op jou skerm. Klik op hom en dan op FOLLOW. 

Indien jy nog op Wi-Fi is, luister episode een. Anders kan jy die episode aflaai om later na te luister deur op die drie kolletjies te klik en DOWNLOAD te druk.