My grootwordjare was eenvoudig en maklik. Al waarvoor ek omgegee het, was om vis te vang, wildtuin toe te gaan en fiets te ry in die bos. 

Ons is oorspronklik van Phalaborwa in die Laeveld. Dis ’n wille dorp. Daar is baie keer leeus, bobbejane, hiënas of vlakvarke in die dorp. My pa het ’n company gehad wat safari’s doen.

As ons gaan rugby speel het teen die groot skole in Pretoria het jy gesien hoe die kinders daar met flieks en malls en skateparks grootword. Hulle het gedate van jongs af en drink alkohol. Ek het nie ’n meisie op hoërskool gehad nie, maar dit het my nie gepla nie.

’n Meisie sou in die pad gekom het van skateboarding en rugby. Ek was elke naweek in die wildtuin. 

Die fotograaf Marlon du Toit neem sy safarigaste '
Die fotograaf Marlon du Toit neem sy safarigaste 'n bietjie nader aan die diere om 'n goeie foto te neem. Foto: Verskaf

Ná skool het ek dadelik begin werk. Direk in die bos in, en die meeste van my grootmenslewe werk ek in die bos. Ek is vandag ’n co-owner van ’n besigheid wat foto- en privaat safari’s doen. Johannesburg is ’n goeie basis. Dit is maklik om van hier af te travel en ons het ’n kantoor hier. 

Voorheen was ek ’n game ranger by lodges. Ek het so drie jaar gewerk, en toe het my lewe so bietjie van ’n twist geneem. Ek het nog altyd ’n liefde vir musiek gehad en het tromme in die kerk gespeel.

My broer het in Jeffreysbaai gebly. Ek wou bietjie iets anders doen en uit die Laeveld kom en het soontoe getrek. Ek het daar by ’n band betrokke geraak en ons het toe eventually Amerika toe getrek om daar te gaan speel. Die band se naam was Daisy Chain. Ons het nooit famous geraak of enigiets nie, maar in Amerika kon ons onsself darem vir ’n jaar met gigs support

Ek het in 2008 teruggekom. Ek was toe in die Sabi Sands gebaseer by ’n company met die naam Singita. Sewe jaar. 

Nou host ons experiences reg oor die wêreld. Ek host dit is as professionele fotograaf, iemand wat die area ken, wat die bos ken, wat goeie company is en wat help met die travel logistics

Ek was hierdie jaar in die Himalajas, ek moes nou in Brazil gewees het, maar toe gebeur lockdown en ons doen baie goed in Afrika. Ons gaan ook Indië toe vir tiere. 

Die foto’s was nog altyd daar. Selfs toe ek nog by Singita gewerk het as ’n gids het ek nog altyd goeie kameragoed gehad.

'n Olifant reik na die blare in 'n boom.
'n Olifant in die Mana Pools-wildspark in Zimbabwe reik na die blare in 'n boom. Foto: Marlon du Toit
'n Seekoei spuit water deur sy neus.
'n Seekoei in die Mana Pools-wildspark in Zimbawe spuit water deur sy neus. Foto: Marlon du Toit
'n Sjimpansee in die Sentraal-Afrikaanse Republiek vreet gulsig aan 'n blaar.
'n Sjimpansee in die Sentraal-Afrikaanse Republiek vreet gulsig aan 'n blaar. Foto: Marlon du Toit

Ek het al baie close calls gehad. Veral in plekke soos Zimbabwe waar mens stap. Meeste van die kere is ons in ’n voertuig, maar daar is kere wat jy afklim en bietjie nader kom, en dan kry jy interaksie met die diere. Dis gewoonlik maar die olifante, maar ek was al baie naby buffels, leeus, renosters en luiperds. 

Soms sal ’n olifant sy kop skud of hy ’n mock charge gee. Dan moet jy maar daarmee deal, maar dit gebeur nie so baie nie. Die idee is dat jy hom intimidate. Jy kán ’n olifant intimidate. Ek sal my kamera optel en heen en weer waai. Dit werk gewoonlik, of jy skop sand na hom toe of jy skree, maar gewoonlik moet jy letterlik net om jou arms optel.

Marlon glo 'n olifant sal terugtree as jy hom kan
Marlon glo 'n olifant sal terugtree as jy hom kan intimideer, maar jy moet jou grense ken. Foto: Verskaf
 

Jy sal nie net na enige dier toe gaan nie. Jy moet jou tyd vat en rustig nader gaan sonder om hom te upset. Jy kan ook sien as hy in ’n bad mood is of as hy nie happy is nie. Dieselfde leeu kan jy vandag na toe stap en die volgende dag wil hy jou eet. 

Ek wil nie doodgaan nie, so jy push nie die boundaries te ver nie. Jy gebruik gewoonlik maar bietjie cover soos ’n stomp om ’n bietjie weg te kruip. Buitelanders – hulle love dit. Dit is life changing.

Ek het nie een dier wat my gunsteling is nie en ek sien verskillende kwaliteite in verskillende diere. Jy kan baie daarvan op jou eie lewe toepas. Ek hou van leeus, mannetjies. Hulle is baie trots en baie sterk. Ek het ’n tatoe op my arm van ’n leeu wat ek afgeneem het. Dis ’n leeu in Kenia, sy naam is Scar. Dis ’n baie famous leeu. 

Marlon het 'n tatoe laat aanbring van 'n foto wat
Marlon het 'n tatoe laat aanbring van 'n foto wat hy van die leeumannetjie, Scar, geneem het. Foto: Verskaf

Ek hou ook van luiperds en jaguars. ’n Luiperd is weer baie sku en op sy eie. 

Dan is daar die olifantbulle. ’n Ou bul het nie ’n saak met die wêreld nie. Hulle is rustig en het baie wysheid. 

Marlon beskryf die luiperd as 'n baie sku dier.
Marlon beskryf die luiperd as 'n baie sku dier. Hierdie foto is in die Mala Mala-wildsreeservaat in Suid-Afrika geneem. Foto: Marlon du Toit

Ek het al baie bekende mense ontmoet, maar het veral goeie vriende met Martha Stewart geword. Sy was baie lank terug ’n gas van my. Ons het in touch gebly. Ek het ’n paar keer saam met haar ’n TV-show gedoen toe sy nog TV-shows gedoen het. As ek in New York is, sal ek saam met haar en haar familie aandete eet by haar of by haar dogter se huis.

So twee drie jaar terug het ek hulle Botswana toe gevat. 

Ek was ook al ’n paar keer op die Today Show deur iemand wat ek ken, en verlede jaar op die Jimmy Fallon Show wat cool was. Ek sou dit weer hierdie jaar doen, maar ek kon nie in New York uitkom nie. Dis ’n lekker opportunity en great fun.

Ek vertel van my werk. Ek dink mense geniet die wildlife-goeters baie. Om na mooi foto’s te kyk, stories te hoor, video’s te sien en te hoor waar hulle met conservation kan help.

Dis ’n escape van waarmee hulle besig is en dit is ’n segment wat goed doen. 

Wanneer ek by die huis kom, rus ek vir ’n dag of twee, maar ek het ’n familie; kinders, so jy het nie regtig tyd vir af-switch nie. En Vrydae is ons op kantoor met die bemaker en werk ons strategieë uit.

Ek het my vrou, Lourette, in 2008 of 2009 ontmoet toe ek ’n gids by Singita was. Sy het die spa’s kom manage. Ons was eers net vriende. Ek het obviously baie van haar gehou, maar ons het mekaar eers beter leer ken en toe in 2012, 2013 begin uitgaan. Sy bestuur ’n kliniek wat laser en botoks doen.

Ek is baie weg van die huis af, maar my vrou is amazing. Sy werk voltyds en kan nie altyd saamgaan nie. Volgende jaar gaan ek 200 dae van die jaar weg wees.

Ek probeer soveel as moontlik tyd met die kids deurbring as ek tuis is. My dogtertjie, Rouxlé, is 5 en sy is al van kleintyd af ’n boskind en het haar eie bospakkie. Sy sit stil by die leeus en die olifante en sy ken die bos deur en deur. My seuntjie, Jack, is twee. Hy grom soos ’n leeu.

Tydens safari is jy 18 ure op ’n dag met gaste besig. Jy doen game drives en hosting en jy is permanent besig. Maar jy het nie die laat aande waar jy paartie of kuier en drink nie. Jy vat jou supplements, jy kyk na jouself, jy oefen – en jy hou jou mindset reg.’