Daar is seker nie iets soos iemand wat te oud is om te bestuur nie. Maar op dié ouderdom dink ek ’n mens se reflekse is nie meer so skerp en vinnig soos dit altyd was nie.

Tog sê die oom niemand bestuur so goed soos hy nie. Hy is vasbeslote om nooit op te hou bestuur nie, want hy is nog skerp en bewus van alles rondom hom.

Dit is almal rondom hom wat simpel ry.

Hy vertel gereeld van nog ’n ongeluk waarin hy byna betrokke was weens iemand anders se onverskilligheid. 

Hy ry op ander voertuie af, en wanneer hy stilhou, vlieg ’n mens omtrent deur die voorruit.

Vroeër jare het hy altyd stadig gery. Niemand het gekla toe hy 60 km/h op die langpad gery het nie.

Nou jaag hy soos die duiwel. Hy is lief vir rondrits en vat gereeld die langpad.

Maar ai, ons is bekommerd. ’n Mens wil nie die oom se onafhanklikheid van hom wegneem nie, maar ons senuwees is gedaan.

– Bles gestres

Skryf ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.