Vandag wil ek hulde aan polisievroue bring.

Nie die polisievroue wat elke dag die blou uniform aantrek nie. Hulle dien die land op ’n baie eerbare wyse, waarvoor ons dankbaar is.

Dié huldeblyk is aan polisiemanne se vroue wat soms snags alleen in vrees moet wag dat hul mans huis toe kom.

Vroue wat alleen by ’n siek kind se bed moet waak. Wat op hul eie moet sorg dat die kinders by die skool kom. Wat soms die kinders se sportbyeenkomste alleen moet bywoon en op hul eie na geleenthede moet gaan omdat hul mans besig is om die publiek te beskerm.

Dit terwyl hulle in die meeste gevalle self ook werk. Vandag wil ek en die hele Suid-Afrika vir elkeen van dié vroue ’n bloedrooi roos pluk.

Net om dankie te sê vir elke opoffering wat julle maak sodat ons veilig kan wees. Ons salueer julle.

Liefde. Sussie Barkhuizen

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.