Deur die jare het ek God gevra om te help, want my seun se gesondheid het maar altyd gesukkel. Pa se kind.

Hoewel sy gesondheid oor die jare nie verbeter het nie, het my kind vir my gesorg. Hy was in sy 50’s toe hy die eerste keer iemand ontmoet. Hulle sou trou, maar dis uitgestel toe sy kanker kry.

Twee jaar lank het hy niks gedrink nie. Hy het net gewerk en sy verloofde versorg. Toe, ’n paar maande gelede, kry hy ’n beroerte.

Hy het breinskade opgedoen en demensie is daarna by hom gediagnoseer.

Al wat ek van my seun het, is ’n leë dop. ’n Groot man wat weer moet doeke dra. Wat gebeur die dag wanneer hy my nie meer herken nie? Wat dan?

Ek kan nie ophou vra hoekom nie. Noudat hy gelukkig is; hoekom nou?

Ná die grondpad en sy diep dongas wat ons geloop het; hoekom nou?

Ná al die gebede; hoekom nou?

Ek het niks van demensie geweet nie. In my hart het ek geglo dis tydelik. Tot ek gehoor het dit gaan net erger word.

Ek kan hom net een keer per maand besoek, want die inrigting waarin hy is, is ver.

Ek moet gereeld hoor hoe hy by die inrigting se hek staan en vra waar sy ma is.

Hoe hy saam met sy pa wil gaan visvang. Soms kan ek sien hy is beter.

Al wat ek van my seun het, is ’n leë dop. ’n Groot man wat weer moet doeke dra.

Wat gebeur die dag wanneer hy my nie meer herken nie? Wat dan?

Wanneerek so na hom kyk, wonder ek of dit ’n straf is en of dit liefde is.

Moet my nie oordeel nie. My geloof raak dun. Ek was altyd sterk, maar ek wil nie meer sterk wees nie.

– Hartseer en verwarde ma

Skryf vir ons