Lesersbrief
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images.

Nadat ek in Desember die siekte gehad het, het ek my reuk en smaak verloor (anosmia) en die afgelope weke het dit oorgegaan in parosmia, oftewel verwronge reuksintuig.

Dit is terme wat nooit voorheen deel van my woordeskat was nie.

Kortliks beteken dit niks proe soos dit moet nie: Alles proe verrot. Meeste kossoorte maak my naar, selfs tandepasta is ’n uitdaging.

Dit strek verder as kos: My parfuum en velroom het dieselfde uitwerking.

Emosioneel eis dit sy tol en ek moet keer om nie depressief te raak nie.

Kosmaak en bak is my passie, maar ek kan dit nie meer doen nie. Dit beroof jou ook daarvan om sosiaal om jou tafel met ’n lekker bord kos te verkeer, of om te gaan uiteet.

Aangesien daar nog so min navorsing hieroor is en ook nog geen kuur nie, het ek by die Faceboek-groep AbScent, wat steun bied, aangesluit.

Ek kan net met my hele hart glo en vertrou dat alles weer met tyd na normaal sal terugkeer.

Esther

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  • Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1.