Die storielyne oor die alledaagse op en af van die lewe was goed. Maar ai, nou wys hulle sommer vir ons jeug hoe om te maak om dwelms te bekom en te smous.

Asseblief, as die draaiboekskrywers nie meer weet wat om te skryf nie, sit asseblief jul penne neer en stop die storie eerder as om vir jong mense te wys hoe hulle met die hoesstroop moet maak.

Dis reeds ’n groot probleem – hoekom dit dan nog op ’n gesinsepie wys, en dit vir kinders wat so maklik deur televisie beïnvloed word?

– Sheila