Hou jou kop hoog Quinten Pendle (My Storie, 24 Januarie), ek haal my hoed af vir mense soos jy.

Daar is ook soveel mense wat niks makeer nie, maar te lui of sleg is om te werk.

Wanneer ek ’n man in ’n rolstoel sien wat daagliks stiptelik by sy werk is, word ek sommer vies vir mense wat altyd verskonings het oor hoekom hulle nie kan werk nie.

Quinten, daar is baie mense wat dink gestremdes wat nog ’n bydrae tot die lewe maak, is helde. Hou jou kop hoog en soms ook jou middelvinger.

– Jenny van Dyk 

  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.