Kettings en boeie kan jou nie vashou nie, my suster. Hartseer en pyn kan ons nie terughou nie. Klappe en skoppe kan ons nie onderkry nie.

Onthou dat jy soveel meer as lippe en ’n lyf is. Weet dat jy nie gebore is om besit te word nie, maar dat jy berge kan versit.

Ek salueer elke vrou wat haar kinders alleen grootmaak; elke vrou wat soggens opstaan om te gaan werk; elke vrou wat moeilike tye vir die soveelste keer oorwin. Want dis wat ons doen, suster: Ons wen!

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.

– Samantha van Rooy