Die skrywer van My Storie (7 Februarie) is skaam omdat hy/sy nie Engels kan praat nie weens gebrekkige hulpmiddele en blootstelling op die platteland.

My raad is:

Koop ’n goeie woordeboek en leen Engelse boeke by die biblioteek.

Soek woorde op wat jy nie verstaan nie.

Begin met kinderboeke.

Televisieprogramme kan ook ’n hulpmiddel word. Maak tweetalige vriende.

Moenie skaam wees om reggehelp te word nie.

My onderrig het ek in goeie Engelse skole ontvang.

Dit het geen skade aan my as trotse Afrikaner gedoen nie.

Vandag is ek in albei tale tuis.

Omdat geen vaardigheid in jou skoot val nie, moet ’n mens baie oefen.

Dit geld vir baie dinge in die lewe.

- SUSAN, PRETORIA

  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.