Dit tref soos ’n vuishou: geen inkomste waarmee ek my finansiële pligte gaan kan nakom nie.

Ek kry ’n beklemming om my hart; hoe gaan ek oorleef? Ek is in ’n donker put. Ek het so hard gewerk; ek kan mos nie alles verloor nie. Ek wil gryp na strooihalms, maar my ouers het altyd gesê: As jy nie herwaarts of derwaarts weet nie, gaan op jou knieë. 

My knieë is later eelte gebid, en op ’n sonnige dag kom die oproep wat my lewensuitkyk vir altyd verander. Ek het weer ’n inkomste!

Ek bid steeds, maar hierdie keer sê ek: “Here, ek weet nog nie wat ek uit hierdie les moes leer nie, maar ek het wel nederigheid geleer.”

Ons almal maak foute. Maar deur jou foute in die oë te staar word jy ’n wenner! Dankie aan ons ouers wat sulke mooi waardes aan ons oorgedra het.

Ons kry somtyds dwarsklappe van die lewe, maar in alle omstandighede is daar iets wat van ons ryker wesens maak. Ons moet dit net raaksien.

TB VIR HL, Cullinan

Skryf aan ons

E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.

  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.