In 2006 het sy my lewe binnegekom. ’n Bolletjie liefde, net ses weke oud. Sy het diep spore in my hart getrap. Sy was die soetste hond ooit. G’n blaffer nie.

As ons gou iewers heen moes ry, het sy soet gewag en ons by die kar kom haal. 

Toe ons in 2017 aftreeoord toe trek, het ons spesiale toestemming gekry om haar saam te bring, want sy is ’n labrador en net klein honde word toegelaat. Sy was so stil.

As mense haar nie gesien het nie, sou hulle nie van haar bestaan wis nie. Maar nou is haar plekkie leeg. Op 13 jaar het sy ’n massiewe kankeroperasie moes deurmaak.

Toe, op 19 Maart vanjaar, word sy so skielik uit my lewe geruk. Volgens die veearts was dit hartversaking. Hy kon niks vir haar doen nie.

Dit was net drie maande voor haar 14de verjaardag. Nou vra ek hoe kom ’n mens oor hierdie groot verlies? Ek kan nie ophou huil nie. Sien haar nog oral.

Dis baie, baie seer. Daar is nie salfies of pilletjies vir daai pyn nie. 

MISHKA

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief.@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  • Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1.