Moenie van ouer vroue verwag om altyd langbroeke of lang rokke te dra sodat julle nie die spatare aan ons bene kan sien nie.

Ons gaan ook nie ons sogenaamde pap boarms onder moue wegsteek nie. Ons kry ook warm. Ons mag ook in ons baaikostuums rondloop.

Die plooie aan ons gesig wys alles was nie altyd maanskyn en rose nie. Die ekstra rolletjies wys ons het die lewe geniet en nie geval vir al die diëte, botoks en ander foefies nie.

’n Goed versorgde vrou kan enige grootte wees en steeds mooi lyk.

Julle ou manne wat so krities is, vergelyk jul- self met ’n foto van toe julle nog jonk was. Dis ’n skok, nè?

– Brenda, Mpumalanga