Onthou asseblief dat hulle nie vir jou gekies het nie; jy het hulle gekies.

Hulle is heeltemal afhanklik van jou as eienaar vir kos, water, aandag, oefening en gesondheidsorg. Die probleem is hulle kan nie praat nie; dus moet jy dink oor wat hul behoeftes is. In ruil daarvoor gee hulle jou liefde en beskerming.

O, vriende, gee diere asseblief die liefde waarna hulle so smag. Die trane loop sommer wanneer ek sien hoe mense met vakansie gaan en hul troeteldiere met net ’n bak droë kos en water agterlaat. Dit is beslis nie die antwoord nie.

Daardie ou gesiggies wat elke dag staan en wag en die pad dophou vir jou terugkeer, breek ’n mens se hart. Maak asseblief jou troeteldier se veilige en gelukkige verblyf deel van jou eie vakansiebeplanning. Vir elke greintjie liefde wat jy hulle gee, gee hulle jou soveel terug.

– P. Conradie, Montagu

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.