’n Mens kan deur ’n proses van berading en konsultasie gaan. As jy dan nog voel jy wil nie meer leef nie, word jou aansoek goedgekeur.

Dan kan jy op ’n vreedsame en beskaafde manier van jou familie en vriende afskeid neem en kalm sterf.

Niemand hoef hom dan meer in sy vrou se kombuis of in ’n mielieland te gaan doodskiet of op ’n treinspoor te gaan lê of van ’n brug te gaan afspring nie.

Nie een van ons is uit eie keuse op hierdie aarde nie. Hoekom moet ’n mens gedwing word om hier te wees as jy nie wil nie?

Ek is seker daar sal lang toue mense met aansoekvorms in die hand voor daardie deur staan. Daar kan dalk ’n dag kom dat ek self so sal voel.

– Jaco