My Storie van 31 Desember verwys. Ons leef van ons pensioengeld. Ek het al moes leer dat ’n bottel skottelgoedwasseep langer as vier maande kán hou as dit moet. Selfs net ’n halwe teelepel op ’n slag in die opwas­water is genoeg.

Die koekies seep by die wasbak en bad word al lank gebruik, maar is nog nie dun nie. Jy kan hulle baie uitrek voor hulle dun­gebruik is. My groot sak waspoeier het ses maande gehou, want ek was nou net drie keer per week.

Die bottel Handy Andy hou al die hele maand, maar begin nou effens klaar raak. Sonder kos en ander noodsaaklikhede was ons darem nog nie.

Ons het geleer om versigtig en spaar­samig te werk, en met skok agtergekom hoe ons al die jare gemors het. Dis net medisyne wat onbekostigbaar is. Gelukkig is ons nie siekerig nie, daar is net af en toe die pyn wat met die ouderdom (67) kom.

Sterkte en voorspoed vir almal en ons leiers.

Leser, Glen Marais

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die ­redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.