By die hospitaal is daar ’n tekort aan naamborde en rigtingaanwysers. Die gange is oorvol pasiënte wat in pyn verkeer.

Tog, oral waar ons om hulp vra, help die personeellede ons vinnig. Teenoor die ander pasiënte lyk my kind se sleutelbeen na ’n effense verkoue.

Ná ’n konsultasie met ’n uiters bekwame dokter wag ons saam in die gang.

Net daar in die gang gryp ’n meisie my om die lyf. Sy lyk so nege jaar oud en praat glad nie. Met haar een hand om my lyf, vat sy my hand met haar ander hand en hou dit vas.

Haar ma praat ook nie; knik net haar kop. Ek knik vir haar.

Ek buk af terwyl ons hande steeds in mekaar is en gee haar ’n drukkie. So neem ons afskeid.

Deur die meisie se opregtheid het sy daardie dag een mens se lewe verander – myne. 

– Anoniem, Baltimore

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300