Jy, my liefste Haley-kind, is ’n ongelooflike mensie. Jy het die afgelope jaar se veranderings en hartseer soos ’n sterretjie hanteer. Jy was skaars ses, toe moes jy al leer hoe dit voel om iemand aan die dood af te staan.

Dis ’n baie groot les vir so ’n klein lyfie. Jy het so lank daarna uitgesien om Brayden te ontmoet, maar toe wou sy hartjie nie meer klop nie.

Op sy begrafnis was jou trane die egste vorm van hartseer. ’n Week later is jou sussie gebore. Ses jaar lank was al die aandag joune. Skielik moes jy alles deel.

Tot vandag toe het jy nie een oomblik omgegee om dit te doen nie. Jy is die beste ousus.

Lexi se gesig straal wanneer sy jou sien, en jy is die beste rolmodel vir haar.

Jy moes ook tot siens sê vir ouma Naomi. Min agterkleinkinders het die voorreg om hul oumagrootjie so goed te ken en elke week te sien soos jy.

Vandag is jy sewe. My sagte-hart-cuddle-unicorn-cupcake-reënboogkind.

Deur alles was jy my heldin.

– Mamma Elzanne

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.