Ek het ook geweet jou lewe gaan anders wees as baie mense s’n weens die mikrosefalie waarmee jy gebore is.

Die epileptiese toevalle het jou brein beskadig. Jy kon nie sluk, praat of loop nie. Al die uitdagings waarmee jy moes saamleef, was moeilik om te aanvaar.

Jy was my alles. My rede om elke dag met nuwe moed en krag op te staan. Soms was ek afgemat. Veral wanneer dinge nie uitwerk nie, al probeer ek hoe hard.

Elke terugslag het my gebreek. Deur al die uitdagings kon jy enige donker vertrek verlig.

Jy het soos ’n ster geskitter.

My liefste Logan, ek het jou nie lewe gegee nie. Jy het my lewe gegee. Danksy jou het ek weer studeer.

Dit was om jou te kon help. Ek gaan nie ophou nie, want daar is nog maatjies soos jy wat ek wil help.

Jy het my te vroeg gelos, my kind. Ek mis jou meer as wat woorde kan verduidelik.

– Charnel Muller 

  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. 
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. 
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300