Dit is woorde wat ’n mens nooit wil hoor nie, veral nie so vroeg in jou lewe al nie. 

Ná ’n paar uur van chaotiese oproepe en rondjaag stop ek tuis en soek na my 15 maande oue seuntjie. 

Daar sit hy met die grootste glimlag en speel in die sand, salig onbewus dat hy vandag sy liefste oupa verloor het. 

Hy gaan nooit oupa se liefde vir musiek en kos beleef nie; hy sal nooit weer wyse stories en lewenslesse by oupa hoor nie.

Sedertdien kan ek sien hy ervaar die leemte.

Hy spits sy oortjies vir die geluid van die groot Mercedes wat al brullend in die oprit inkom. 

Maar sy oupa se diep stem klink nie meer in die gang op nie.

Gun jou kinders soveel tyd moontlik saam met hul oupas. 

’n Mens weet nooit wanneer dit die laaste keer is dat hulle op hul oupa se skoot klouter nie. 

- Jana Gaigher, De Doorn

  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.