Dit maak ouers bekommerd.

Maar dink daaraan: Kinders doen eintlik vandag niks anders as wat hul ouers as jong mense gedoen het nie.

Destyds het die ouer garde hul vriende op die ou huistelefone gebel en ure lank gesels.

Hulle het ook briewe geskryf, en ’n brief is eintlik niks anders as ’n outydse WhatsApp nie.

Met selfone is dit nou net makliker en vinniger.

Ouers moet besef dis net die kommunikasiemetodes wat verander het.

- Selfoon, Bloemfontein

  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300. 
Kom neem deel aan die gesprek