Daar was vir ons geen Kers- of ­Nuwejaarsvierings nie, want hy was 49 dae lank in ’n geïnduseerde koma. Maar ons dank die Here dat hy nog leef.

Op 10 Januarie 2020 sou ek en my seun na my man in die hospitaal gaan vir die naweek. Ons het albei verlof geneem.

Maar op 9 Januarie is my kind in ’n ongeluk. Weer ruk my hele wêreld tot stilstand. En eens is dit ’n wonder dat hy nie dood is nie.

Daar is nog baie seer en operasies wat kom, maar my kind leef.

Met die hulp van ongelooflike mense in ons gemeenskap – Theo, Magda, Angelique en Rina – word hy stadig weer mens.

Komatipoort se mense is ongelooflik goed vir ons in hierdie tyd van seer en soms ook wanhoop en ontnugtering.

Dankie vir almal van julle wat ons in dié tyd help om weer van alles sin te maak. Ons leef aan die Here se voete in hierdie tyd.

DIE LOURENSE

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  • Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1.