Een van die seerste sere is sekerlik om die besluit te neem dat die lewensondersteunende masjiene van ’n geliefde afgeskakel moet word.

In ons familie het dit al twee keer gebeur dat daar gewroeg moes word oor so ’n proses om van ’n kind afskeid te neem – ’n kind vir wie daar nog soveel liefde is, al is hulle nie bewus van die warmte wat hulle omring nie.

Hoe lank gun jy jouself om afskeid te neem? Wat sê jy vir oulaas, al is dit net om jou eie onthalwe en net jy wat dit hoor?

Die een troos in ons familie is orgaan-skenking – dat daar iets goeds en moois uit jou grootste hartseer en verlies sal kom.

Glo my, dit word ’n salf om te weet dat ander mense, al sal jy dalk nooit weet wie hulle is nie, dalk danksy jou kind se organe dieselfde groot hartseer as jy gespaar sal word.

Die ontvanger, bekend of onbekend, word deel van jou voortgesette lewenslyn, iemand wat altyd met dankbaarheid en liefde jeens die skenker gevul sal wees.

Oorweeg asseblief orgaanskenking.

– ELVI

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die ­redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.
Kom neem deel aan ons gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.