Die storie breek my hart (Hierdie Lewe, 28 Februarie).

André vertel ook hoe hy vir Lucky Lucy van ’n treinspoor af moes red.

En toe sy weer die twee mans sien wat haar vasgemaak het, was sy bly om hulle te sien.

Dit is hoekom ’n hond as ’n mens se beste vriend bekend is.

Hulle leef nie met onvergewensgesindheid en wrokke nie.

Al wat hulle vra, is aandag, liefde, kos en water.

Die mensdom kan gerus by hulle ’n les of twee leer. 

- Antoinette

  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. 
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. 
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300. 
Kom neem deel aan die gesprek!