Anders as vandag waar kinders oor hul geslag kan besluit (‘Sy kan wees wie sy wil’, 9 Mei), was my ma se raad uitstekend.

Sy het my gevra hoekom ek ’n man wil wees. Ek het gesê dis omdat ek groot avonture wil hê of wil boer.

Toe sê sy ek kan dit doen, want ’n vrou kan enigiets doen wat ’n man kan doen.

Sy het my aangemoedig om my geslag te aanvaar en my geaardheid uit te leef.

Jy is mos eers ’n mens en dan ’n man of ’n vrou.

’n Vrou kan mos avontuurlik wees, naaldwerk haat en steeds volkome vrou wees.

Net so kan ’n man ook lief wees vir kos kook en modeontwerp en steeds volkome man wees. 

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.