Hoewel ons harte oorloop van vreugde, weet ek daar is iewers ’n ouerpaar wie se harte steeds stukkend is oor hul seun wat hulle op ’n jong ouderdom verloor het.

Hulle moes ure ná sy fietsongeluk die besluit neem om van sy organe vir oorplanting te skenk.

Ek weet dit moes ’n baie hartseer besluit gewees het, maar met daardie besluit het hulle my man se lewe gespaar sonder dat hulle hom geken het.

My man was destyds 36 jaar oud en vandag lewe hy al 36 jaar ’n normale lewe met hierdie kind se nier.

Mag die Here hulle ryklik seën vir dié wonderlike besluit wat hulle in moeilike omstandighede geneem het.

– Lenie pretorius, Mpumalanga