Wat Swys de Bruin (Kalmte ná my ‘uitbranding’, 16 Mei) oorgekom het, het my getref toe ek 42 jaar oud was. Destyds het min medici die siekte geken. Ek was superfiks en vol geesdrif.

Alles het oornag verander.

Skielik het alles soos ’n berg voor my gelê. Soms het ek nie krag gehad om myself af te droog ná ’n stort nie.

Soggens op pad kantoor toe het ek vir beterskap gebid. Geen dokter kon my antwoorde gee nie.

Drie jaar later is ek deur my maatskappy op mediese aftrede geplaas.

Swys, as ek jou raad kan gee: Los jou geliefde werk.

Ná duisende rande se mediese uitgawes het ek nog nooit weer gevoel soos voor die siekte nie. Spanning is die begin; dan kom uitbranding.

Jy sal weet wanneer jy uitgebrand is. Jy sal dit die volgende 20 jaar lank weet.

 – Jannie du Preez, Somerstrand

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.