Rox-Zee (Familietwis kelder ons verhouding, 9 Mei), as ek ’n jong man was, sou ek graag met jou wou trou.

Of jy nou Engels, Grieks of Spaans is. Maar ek is ’n 80-jarige Afrikaanse omie wat op ’n plaas grootgeword het.

Met die grootste respek: Jy het een groot fout begaan.

Boer Soek ’n Vrou is vir mans wat ’n permanente vrou op die plaas soek, ongeag die taal wat jy praat. Jul verlowing was skaars bekend, toe kondig julle aan julle gaan net ’n paar jaar op die plaas bly en dan stad toe trek.

As toekomstige skoonouers sou ek ook vir my seun gesê het: “Los dié pragtige meisie; jou toekoms lê hier op die plaas.”

Selfs al het jy Afrikaans gepraat.

Rox-Zee, almal maak foute. Hierdie ou oom het ook al baie foute in sy lewe gemaak. Leer daaruit. 

– Dawid, Strand

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.