Ek lees en hoor gereeld van vroue en mans wat verskeie vorme van mishandeling verduur en in hul verhouding bly omdat hulle steeds die mens ­liefhet wat hulle so mishandel. 

Ek was in ’n verhouding waar die teenoorgestelde waar was.

In my en my maat se verhouding was feitlik geen konflik nie.

Ons het ’n gesonde lewe gelei waarin my lewensmaat in alle opsigte nommer een in my lewe was, al het hy nie elke dag so gedink nie.

Hy het my gereeld verseker ek is ’n goeie mens.

Van aanranding of enige vorm van mishandeling was daar nooit sprake nie. 

Maar tog was ek nie goed genoeg nie.

– Anoniem