Hoekom hou mense aan om honde en katte te teel terwyl die dierebeskermingsverenings en skuilplekke se hokke vol is? 

Telers moet stop tot die laaste hond en kat uit ’n skuilplek is.

Wat moet hulle doen as hul hokke vol is en nog diere afgelaai word?

Anders gaan die Dierebeskermings­vereniging (DBV) aangehou blameer word vir die duisende honde en katte wat maandeliks van kant gemaak moet word, terwyl dit nie hul skuld is nie; hulle het nie ’n ander keuse nie. Wat moet hulle doen as hul hokke vol is en nog diere afgelaai word?

Privaat skuilplekke mag diere weier, maar nie die DBV nie. 

Ek dink elke teler moet net een dag by ’n diere­beskermingsvereniging deurbring.

Telers dink hul oulike babahondjies kry almal ’n gelukkige einde. Nee, dit is nie so nie. Daardie hondjies beland gewoonlik by die DBV. 

 – Christia, Machadodorp