Hoekom sal Siya Kolisi ’n ander vrou se kaal boude in sy sosiale media wil hê (My nagmerrie ná Siya en dáái foto, 4 April)?

Is dit omdat dit ’n man se ego streel as ’n jonger vrou aan hom aandag gee?

My man het meer as ’n jaar lank ’n verhouding met een van sy kollegas gehad. Sy is 20 jaar jonger as hy. Aan die begin het hulle dit ontken.

Maar die briefies met “altyd lief vir jou” en “joune vir altyd en ewig” het ’n ander storie vertel.

Sy het duisende rande uit hom uit wat sy nou nog nie terugbetaal het nie. Hy het ’n lening uitgeneem om haar te onderhou. ’n Lening wat ek nou terugbetaal net om die gemors uit ons lewe te kry.

My man het eers later besef die vrou soek net geld en voel niks vir hom nie. Hy het ook erken dit het sy ego gestreel omdat iemand anders in hom belangstel.

Om ’n skelm verhouding met iemand te hê is die seerste seer wat jy jou man of vrou kan aandoen.

– Simone

  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.