Ons is so geneig om op mense neer te sien wat in vullisdromme rondkrap. Ons kla hulle laat ’n gemors agter.

Maar hoe weet ons wat in hul lewe verkeerd geloop het? Het ons die reg om te oordeel?

Ek is seker as hulle ’n keuse gehad het, sou hulle nie so wou leef nie.

Ek het onlangs gesien hoe ’n man oorskietwegneemkos uit ’n vullisdrom haal en dadelik begin eet.

Dink net hoe honger jy moet wees om dit te doen.

Al wat ek by my gehad het, was ’n perske en aanmaakkoeldrank.

Toe ek na hom roep, het hy half wantrouig en onseker nader gekom.

Toe ek die perske en koeldrank vir hom aanbied, het dit gelyk of hy dit nie glo nie, so asof hy nie daaraan gewoond is dat iemand omgee of deernis betoon nie.

Kom ons maak vir die minderbevoorregte mense iets lekkers in die kombuis eerder as om op hulle te skel.

Kom ons waardeer wat ons het, hou op kla en help ons medemens. Jessie, Athlone

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.