Ek is 43 jaar oud met vier kinders, en wanneer ek na jou kyk, sien ek myself  (Ek het myself vergewe, 18 Julie).

My oog lyk nes joune; hulle kon dit gelukkig ook red, maar ná 20 operasies sukkel ek nog met dubbelvisie. My kake was op drie plekke af, maar ek het darem al ’n nuwe wangbeen.

My gesig is vol snywonde. Dis vir my erg, want as vrou beteken my uiterlike vir my baie.

MC Weldon van Bethal, Mpumalanga, is geskend ná ’n ongeluk in Amerika. Foto: Fani Mahuntsi

Ek sê vir myself ek lyk darem nou al ’n bietjie beter, maar ek huil nog baie, veral wanneer ek kyk na foto’s van voor die ongeluk.

MC, ek’s so bly jy’s weer op die been en dat jy met jou lewe aangaan. Ek sukkel nog om dieselfde te doen.

Maar nes jy is ek om my kinders se onthalwe dankbaar dat ek nog leef.

Alle sterkte vir jou. Ek dink aan jou en bid vir jou.

– ENGELA

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die ­redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.
Kom neem deel aan ons gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.