Die begrafnis is gereël. Die maand was skaars verby, toe trek ons na my suster toe. Niemand anders kon by haar gaan woon nie.

Ons het alles prysgegee: ons huurhuis; ons goed, waarvan ons die meeste moes weggee omdat daar nie plek daarvoor in my suster se huis was nie; en my werk. Min het ek en my man toe geweet wat vir ons voorlê: ’n lewe as slawe.

Hoe kyk ek my man in die oë ná my suster se optrede?

My suster het ons gehiet en gebied, en ons moes haar diensknegte wees. Aanvanklik moes ons die water- en elektrisiteitsrekening betaal. Toe word ons aangesê om vir die kos te sorg.

Ek het ’n werk gekry; dit het ons petrolgeld betaal, maar dit was laat aande. My suster was nie beïndruk nie. Selfs my hond, wat ek gekry het toe hy nog bitter klein was, het dit ontgeld.

My suster het hom eendag uit die erf gesluit en hy het nooit weer teruggekom nie. Dit is dag en nag ’n bakleiery. Selfs ek en my man baklei nou. In so ’n mate dat hy die pad wil vat.

Ons was drie maande op die plaas, toe sê my suster ons moet trek, want ons wou nie haar diensknegte wees nie.

My hart is stukkend. Nou moet ons weer van voor af begin. Hoe doen ’n mens dit op ons ouderdom? Hoe doen jy dit wanneer jy niks het nie?

Hoe kyk ek my man in die oë ná my suster se optrede? My man, wat net gemoedsrus wil hê.

Die ergste van alles is die hartseer oor ons ons hondekind verloor het.

My hondekind, ek bid elke aand tot God dat jy veilig is en ’n warm plekkie het om in te slaap. Ek mis jou by ons.