Die gesprek was met ’n paartjie oor die man se terminale kanker.

Ek en my man het daardie pad geloop.

Kanker vreet die sieke se binneste en die hart van die mens wat liefhet.

Die angs dat wanneer jy wakker word hy nie meer sal asemhaal nie.

Die magteloosheid wanneer jy sien hoe jou geliefde kwyn. Die saamwees was bittersoet en het deels berusting gebring.

Anders as met daardie mens wat probeer het om met slaappille hul eie lewe te neem, het my geliefde dit nie oorleef nie.

Ek is dankbaar dat ek 30 jaar lank sy liefde gehad het.

Wanneer die inperking verby is, sal ek weer die wêreld vierkant aanpak, maar sonder my maat

– Rina Barnard, Heidelberg