Ek is al vir angs en depressie opgeneem, maar omdat ek nie saamgewerk het nie, het ek almal se tyd gemors.

Ek het 15 jaar gelede begin om my antidepressante met slaap- en pynpille te vervang. Dis mos lekker om net te slaap en van alles en almal te vergeet.

Min het ek toe geweet hoeveel skade ek aan myself en my gesin aanrig.

Elke keer belowe ek myself dis die laaste keer, net om weer vir myself en my gesin te lieg.

Onwetend het ek hulle in die verleentheid gestel.

My man en kinders verdra my elke dag, want hulle is nog lief vir my. Ek weet nie hoekom ek net aanhou pille drink nie.

Elke keer belowe ek myself dis die laaste keer, net om weer vir myself en my gesin te lieg.

Ek kry voorskrifte op drie verskillende mense se name.

Dit is so maklik. Sodra ek begin ongemaklik voel, sluk ek ’n pil of twee.

Ai, Here, ek wens ek kan net stop. Asseblief, moenie doen wat ek doen nie.

Ek het al soveel skade aangerig.

– Anoniem

  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  •  E-pos hgnbrief@huisgenoot.com