Uit die bloute begin ons gesels. Sy is verbaas om te hoor ek kom nie uit ’n rykmanshuis nie en het nooit studeer nie. Sy het wel die geleentheid gehad om te studeer.

Sy vertel my van haar een ouer wat ontrou was, en van haar stiefsusters. Haar seer is duidelik. Ons gesels oor ons drome. Sy wil ’n ander loopbaan volg; ek wil weer studeer.

Ons moedig mekaar aan. Sy bedank en volg haar hart. Ek begin studeer.

Ek het ’n warm gevoel in my hart vir haar gekry wat ek nie kan beskryf nie. Ek kry ’n boodskap van haar van die liefde wat sy vir my het.

Op die ou end maak dit nie saak watter verskille ons het nie. Ons is almal mense. Ons moet mekaar net leer ken en probeer verstaan.

Dis iets wat ek elke dag probeer. Op my manier probeer ek die wêreld ’n beter plek maak.

– Anoniem

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.