Ek lees die artikel en alles binne my pyn (Sandra op ’n Dwaalspoor, 22 November).

Dis presies waarmee ons die afgelope ses maande worstel. Eintlik het die gevaarligte lankal begin flikker.

My kind is by so ’n sekte ingetrek. Ons liefdevolle, sorgsame, mensliewende kind het in ’n monster verander.

Sy het haar hele familie afgeskryf. Haar vriende het ook die trekpas gekry. Sy het ons gevloek, aangerand, uit haar huis gejaag en in alle sosiale media geblok.

Sy sit bedags by haar “geestelike ma”, soos sy dit noem. Die kamer is donker. Jy moet op die vloer sit. Jy mag niks saam met jou inneem nie.

Sy is besig om van haar man te skei. Die hartseer deel is dat die kinders saam by die sekte ingesleep is en ons mag hulle nie sien nie.

Dis ’n magtelose gevoel wat jy vir niemand kan beskryf nie.

Dat ’n intelligente en hooggeleerde persoon haar hierby kan laat betrek, gaan ons verstand te bowe.

Niemand het raad nie, en al wat oorbly, is om te bid. Ek hoop maar net die wonderwerk gebeur nog in my leeftyd.

–  Anoniem

Skryf aan ons

E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.

Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.

Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.

Die skrywer van die wenbrief kry R300.