Hulle kyk na hul kinders se belange en gun hulself in die proses niks.

Hulle gaan koop eerder ’n gesogte speelding sodat hul kind nie teen die maatjies afsteek nie.

Ma se naam verskyn maar selde op enige wenslysie en sy is agter in die ry wanneer daar geprioritiseer word.

Twintig jaar lank is jou kind of kinders in die huis en word hulle gevoed, geklee en na sport- en sosiale uitstappies aangery en op verjaardae en Kersfees bederf.

Ek is nie spyt oor enige opoffering wat ek vir my geliefde kinders gemaak het nie.

Maar as ek terugdink, kan ek soms nie help om te wonder nie: Hoe op aarde doen ons ma’s dit?

– Ameli

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.