Maar toe ontdek ons dat een van ons groepie sowaar ’n Huisgenoot saamgebring het. Die tydskrif was sommer gou die middelpunt van ons belangstelling. Wanneer die een dit neersit, tel die volgende een dit op.

Elke artikel lok ’n bespreking uit, met woorde van simpatie, meelewing of kritiek. Elke blokraai word met behulp van ons gesamentlike breinkrag uitgepluis en voltooi.

Ons oe en a behoorlik oor die wetenskaplike feite wat aangebied word, of ons hou ons slim. Ons word sommer ook weer kinders. En ons skryf die resepte neer om tuis te gaan beproef. Daar word verspot gelag oor die grappies, en die modeblaaie inspireer ons tot moderner denke.

So verslind ons die tydskrif tot dit behoorlik verslons is en hou dit ons lank plesierig besig.

Dankie, Huisgenoot.

Alida Viljoen, Somerset-Wes

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief.@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  • Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1.