Aan my beste vriend, my held, my pa.

Sewe jaar gelede het my wêreld ver­ander, my perspektief, asook my hart. Hoekom is pa so gou weg? Hoekom het jy dit gedoen? Hoekom moes jy alles wegsteek?

Pa was dan die beste vir ons en soveel ander mense. Ek was woedend toe ek van die jonger vrou in pa se lewe uitvind en dat pa gedink het pa is beter daaraan toe sonder ons almal.

Ek verstaan ons het baie drama gehad, maar watter gesin het nie? Ek verstaan ook pa wou vrede gehad het, maar het pa werklik vrede ervaar? Was jou laaste dae ten minste vol vreugde en liefde?

Ek worstel met al hierdie gedagtes. Ek worstel met die feit dat jy jouself om die lewe gebring het; niemand verdien dit om op daardie punt te kom nie. Sewe jaar later lees ek die verklaring. Wat het regtig gebeur, pa?

Dit wat op die toneel verklaar is, maak glad nie sin nie. My hart het so vinnig koud en hard geword dat ek self nie langer wou bestaan nie.

Ná pa se dood en die negatiewe dinge wat mense kwytgeraak het, is dit vir my moeilik om enigiemand te glo sonder die harde feite.

Pa, ek weet nie hoe ek ooit oor dié si­tuasie gaan kom nie. Ek neem dinge dag vir dag. Maar my voete is swaar. Ek weet pa sou van my verwag het om sterk te staan en met my lewe aan te gaan.Ná sewe jaar soek ek steeds antwoorde.

Ek wil net pa se stem en lag hoor, net weer in pa se teenwoordigheid en liefde wees. Ek wil net weet dat pa oukei is. Ek weet alles sal nog in plek val en dat ek self gemoedsrus sal vind.

Liefde.

–JOU DOGTER
Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Bydraes vir My Storie moenie langer as 300 woorde wees nie.